Met 17 jaar ondervinding is ons een van die leiers in die Afrikaanse musiekbedryf.
Ons bied ‘n wye verskeidenheid dienste in die vermaakbedryf en ons indrukwekkende kliëntelys bestaan uit kunstenaars, feeste en ondernemings. Ons is jou eerste keuse vir alles wat jy benodig vir jou fees, skou of geleentheid – kunstenaars, aanbieders, beoordelaars, klank, beligting, buitelug verhoë tot projekbestuur.
Ons is die antwoord vir uiters professionele, persoonlike en vriendelike diens. Integriteit en etiek is ons kenmerk. Maak nie saak hoe groot of hoe klein die projek is nie, ons help graag.
By CO Productions raak ons kliënte ons vriende – probeer ons gerus!